Hou Jy Jou Kop Ten Alle Tye Omhoog?
Laat hierdie woorde gesond
en onweerspreeklik wees, “sodat die teenstaanders beskaamd kan
word en niks sleg kan hê
om van julle
te sê nie.”
TITUS:
2 Vers 8
Een van die vroë
Britse sendelinge wat voet aan wal gesit het in Kaapstad in die jaar
1816, was ene Eerwaarde Barnabas Shaw van die apostoliese kerk. Sy
taak was om beradering te bring vir die Engelse soldate asook die
groepie Britsesettelaars en hulle slawe arbeiders.
Om
gestand te doen aan die Britse burgerlike oppergesag, het hy Lord
Charles Somerset, die Goewerneur, genader om toestemming te bekom, om
kerkdienste te hou. Maar helaas, sy versoek, het op dowe ore geval.
Hy het toe, desnieteenstaande, die verbod, tog voort gegaan om wel in
die geheim kerk dienste te hou en het toe op sy eerste Sondag in Suid
Afrika, tog kerk gehou.
Hierdie
verset, het hom daaraan herinner, aan die jong apostel Titus, wat
nieteenstaande sy jeug, hy tog beskik het oor n' waardige grootmens
wysheid, toe Paulus, wie terdee van sy bevoegdheid bewus was, hom as
sendeling na Kreta gestuur het. Ongeag, die presiese rede vir die
besluit, het apostel Paulus twee uiters belangrike kenmerkende
eienskappe in hom bespied.
Hy
moes iemand stuur, om onafhanklik Kreta binne te gaan en eiweriglik voort te gaan met durf en n vaste vertroue in die
onteenseglike egdheid van God se boodskap van genade en verlossing.
Hy moes onwrikbaar op koers bly, ongeag welke vorm van teenstand hy
sou aantref.
Hierdie
gedagte was reeds deeglik gegrond in Titus se gemoed alvorens sy vertrek na
Kreta. Hy was gereed om enige vorm van geestelike oorweldiging of
voltering teen te staan in sy geestelike sending. Sy onberispelike
vasberadenheid het verseker, dat hy tot die dood toe, nooit in sy
Goddelike missie gewankel het nie. Hy was dan immers, God Almagtig, die
Koning van alle Konings, se Ambassadeur.
Hy
het ongetwyfeld sterk teenkanting beleef uit die geledere van die Kretaanse
burgerlikes, bloot vanwee die feit, dat hy n' vreemdeling daar was,
hierdie reaksie, is n' diepgegronde menslike eienskap, loslik geskoeid op die "trop sindroom" in die diereryk waar eiesoortigheid n ooglopende
verskynsel is.
Daar
benewens, bring hy n' volksvreemde geloof aan daardie volgelinge van
die een of ander eie diepgegronde Kretaanse geloof. Titus se
verkondiging van sy geloof aan hulle, het ongetwyveld sterk
teenkanting voort gebring. Omdat hierdie reaksie normaal is onder
mense, om die vreemde te vrees, het Paulus hom voor sy vertrek reeds
spesifiek gewaarsku om onverskrokke te bly.
Hierdie
wyse raad van Paulus, asook Titus se onverskrokkendheid en
deursettingsvermoë in die uitvoering daarvan, is n' toonbeeld aan
die mensdom van vandag. Desgelyks, het eerwaarde Barnabas Shaw, nes
Titus, onwrikbaar voort gegaan met sy Ambassadeurswerk tot God.
Hoe
onverskrokke en onwrikbaar, is ons in ons eie dagtaak, ongeag wat dit
sou wees, gesien in die lig gesien, van daardie pioniers?