In die jare van welleur, het ons voorouers van hierdie metode gebruik gemaak om varkskenkel heerlik mee te presserveer in die koelkamer. Ek gebruik al vir jare die metode om rande mee te rek en nou is dit voorwaar weereens n reuse bespaarder op my oudag. Ons land gaan gebukkend onder veelsydige anslae waaronder moeder natuur ook haar onteenseglike heerskappy oor mens plant en dier uitoeffen. Dus, sal ek groot genot daaruit put, sou u vir ander vertel van hierdie en ook my ander beproefde geldbespaarders wat kortliks volg, Dit sal vir my ook n' blye dag wees, as u u eie besparingsresepte op Laslappie ons almal sou deel. Nietemin, hier is die resep: Ons het meestal vandag yskaste, en dus kan hierdie dis die hele jaar deur geniet word.
Andre' Se Sult
Hierdie resep verskaf 6 porsies.
BESTANDDELE:
1. Groot varkskenkel (shank) vars of gerook.
1. Groot ui gekerf
1. groot artappel in dobbelsteentjies gekerf
2. Koppies gekerfde kool, blomkool of broccoli
1. tot 2 teelepels kerriepoeier (matig)
Sonneblomolie
Drukkoker.
groot tert bak.
Sout na smaak.
METODE:
* Gooi genoeg olie in die kastrol, om die uie in te braai.
* Voeg kerriepoeier by en braai die uie tot bruin.
* Plaas die skenkel daarin en voeg genoeg water by, om die vleis te bedek.
* Kook tot sag en verwyder uit die kastrol
* Sny die vel en vleis in klein eetgrote stukkies en plaas die verwyderde bene terug in die vloeistof in die kastrol voeg nou die res van die groente by en kook tot sag.
* Skakel hitte af en verwyder die bene.
* Plaas nou die vleisstukkies en vel eweredig versprei in die bodem van die bak, giet stadig die kerrie sous met groente stukkies, bo oor die vleis en laat afkoel.
* Plaas die afgekoelde bak in yskas en laat staan oornag.
Sny die gestolde sult in skywe en bedien met n' warm by dis van u keuse.
Hierdie is die basiese resep en kan gewysig word na gelang van smaak byvoorbeeld, hard gekookte eiers heel of in halwes gesny, kan saam met die vleis in die bak geplaas word voordat u die aftreksel byvoeg.
Geniet dit en onthou asseblief om my Facebook en Twitter apps te klik onderaan. Baie dankie
No comments:
Post a Comment