Flip Buys bespreek twee moontlike toekomsverhale vir die Afrikaner, een van uitsterwing en een van herlewing. Die verhale speel ʼn honderd jaar in die toekoms af. Waar een vertel hoekom die Afrikaner verdwyn het, gaan die tweede een oor hoe die Afrikaner herleef en suksesvol oorleef het. Die verhale is veralgemeen en vereenvoudig om dit so kort moontlik te hou.Lees verder...
LASLAPPIES KOMBERS
Wednesday, September 23, 2015
Iewers Gehoor
Wees nooit bevrees oor die skaduwees van die nag, hulle is die onteenseglike bewys, dat daar ook n' lig daar iewers naby skyn.
Dit is n' kuns om die draak van traagheid te verslaan, vir iemand met n' kort asem !
Onbekend
Tuesday, September 22, 2015
Oom Andries Se Wa-pad Rosyne-bier
Hierdie verfrissende drankie was net die ding vir n' rooi-grond stoffie in die agter-keel.
BESTANDDELE:
* 1 en 1/2 koppie bruin suiker.
* 10 tot 15 rosyne (verkieslik hanepoot)
* 1 twee liter glas of plastiese bottel met skroef prop
* 1/2 teelepel sitroen of wynsteen suur.
* n' Glasbak of beker.
METODE:
1. Los die een en n' halwe koppie suiker op, in twee koppies warm water.
2. Plaas die rosyne in die bottel en giet die warm suiker water daar oor.
3. Bedek die bek van die bottel met fyn gaas, en laat dit 12 uur so staan
(in die lug wat ons in asem, is ensieme wat natuurlike gisting aktiveer)
4. Vul die bottel tot ongeveer 3 sentimeter van bo.
5. Skroef die prop styf vas en laat staan vir 2 tot 3 dae.
6. Plaas in n' koel plek (yskas) tot yskoud en bedien.
* Nota: Ek maak gereeld hierdie suurdeeglose drankie aan en het ook
ander vrugte soos dadels, peer, pomelo asook rooibos tee gebruik.
Onthou om altyd die rosyne by te voeg, dit wakker die gisting aan.
Let wel, dat die samestelling van die bogenoemde bestanddele of n' verwering daarvan,
op u eie rissiko sal geskied en as sulks,vrywaar die skrywer hom self asook die eienaars
van die webwerf hulle teen enige geregtelikke aksies of regstappe teen hom.

Hierdie skrywe deur Afriforum se Flip Buys se woorde ontluik`n vreemde emosie opgesluit in my binneste, een, wat ek baie jare laas ervaar het. Dit is iets wat grens aan trots, nie die oppervlakkige selfvergeldende soort nie, maar daardie diepe en rare soort trots onafskeibaar van vaderlandsliefde. Die jare laat 70s en vroee 80s toe n' handjievol mense hierdie land verdedig het, sommige tot die dood toe. Vir my het dit gegaan oor meer as n' vlag, dit was n' liefde vir die grond, vrygekoop deur n' diepe drang om die aarde te benut.
Hierdie gedig van die legendariese digter, A.D.Keet, genaamd: "Maar Een Suid-Afrika" beeld daardie trotsheid vir my so wonderlik uit:
Gee my n' roer jn my regterhand
Gee my n' bok wat vlug oor die rand -
En n' flukse perd om hom weg te dra:
Gee my Suid-Afrika
Gee my n' kamp waar bossies groei,
Gee my n' fraai volstruis wat broei -
En n' boereseun wat baie waag:
Gee my Suid-Afrika
Gee my n' koppie om op te staan,
Gee my die swartland met al sy graan -
En nooit of te nimmer hoor jy my kla :
Gee my Suid-Afrika
Gee my n' vlakte ruim en wyd,
Gee my die veld se oneindigheid -
En die lekker geur wat die lug daar dra :
Gee my Suid-Afrika
------------000OOO000-------------

Subscribe to:
Posts (Atom)