Hierdie gedig van die legendariese digter, A.D.Keet, genaamd: "Maar Een Suid-Afrika" beeld daardie trotsheid vir my so wonderlik uit:
Gee my n' roer jn my regterhand
Gee my n' bok wat vlug oor die rand -
En n' flukse perd om hom weg te dra:
Gee my Suid-Afrika
Gee my n' kamp waar bossies groei,
Gee my n' fraai volstruis wat broei -
En n' boereseun wat baie waag:
Gee my Suid-Afrika
Gee my n' koppie om op te staan,
Gee my die swartland met al sy graan -
En nooit of te nimmer hoor jy my kla :
Gee my Suid-Afrika
Gee my n' vlakte ruim en wyd,
Gee my die veld se oneindigheid -
En die lekker geur wat die lug daar dra :
Gee my Suid-Afrika
------------000OOO000-------------
No comments:
Post a Comment