LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Saturday, September 22, 2012

BEES BILTONG

http://fatburnoff.blogspot.com/
Heerlike versnapering wat daar ver in die buiteland maklik gemaak kan word. Lees verder...


Sunday, September 9, 2012

BOBOTIE

                                
                               BOBOTIE

Bestanddele:

2. pond gemaalde bees Vleis.
12 gestampte Amandels.
2. Uie fyn gekap.
3. eetlepels Botter.
1. sny Witbrood.
2. eetlepels Kerriepoeier.
Suurlemoen sap na smaak.
1. teelepel Bruinsuiker.
1. groot Eier.
6. Lemoenblare.
1/2 koppie Melk om brood in te week

Metode:

Week die brood in die melk totdat dit sag is en druk dan fyn met 'n vurk. Smoor uie in die botter.
Klits die eier op en meng tesame met al die bestanddele met die vleis. Smeer 'n plat bak en skep dan die vleis mengdel daarin. Steek nou die lemoenblare oral bo-op die mengsel daarin. Bak totdat dit byna gaar is en gooi dan die volgende vla mengsel bo-oor.

Klits 3 eiers goed op. Voeg 1 koppie melk by, sout en peper na smaak en gooi dit bo-oor die bobotie. Steek die bak terug in die oond om te vorm.