LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Tuesday, August 4, 2015

Hou Jy Jou Kop Ten Alle Tye Omhoog?



Laat hierdie woorde gesond en onweerspreeklik wees, “sodat die teenstaanders beskaamd kan word en niks sleg kan hê om van julle te sê nie.”
TITUS: 2 Vers 8

Een van die vroë Britse sendelinge wat voet aan wal gesit het in Kaapstad in die jaar 1816, was ene Eerwaarde Barnabas Shaw van die apostoliese kerk. Sy taak was om beradering te bring vir die Engelse soldate asook die groepie Britsesettelaars en hulle slawe arbeiders.


Om gestand te doen aan die Britse burgerlike oppergesag, het hy Lord Charles Somerset, die Goewerneur, genader om toestemming te bekom, om kerkdienste te hou. Maar helaas, sy versoek, het op dowe ore geval. Hy het toe, desnieteenstaande, die verbod, tog voort gegaan om wel in die geheim kerk dienste te hou en het toe op sy eerste Sondag in Suid Afrika, tog kerk gehou.


Hierdie verset, het hom daaraan herinner, aan die jong apostel Titus, wat nieteenstaande sy jeug, hy tog beskik het oor n' waardige grootmens wysheid, toe Paulus, wie terdee van sy bevoegdheid bewus was, hom as sendeling na Kreta gestuur het. Ongeag, die presiese rede vir die besluit, het apostel Paulus twee uiters belangrike kenmerkende eienskappe in hom bespied.


Hy moes iemand stuur, om onafhanklik Kreta binne te gaan en eiweriglik voort te gaan met durf en n vaste vertroue in die onteenseglike egdheid van God se boodskap van genade en verlossing. Hy moes onwrikbaar op koers bly, ongeag welke vorm van teenstand hy sou aantref.

Hierdie gedagte was reeds deeglik gegrond in Titus se gemoed alvorens sy vertrek na Kreta. Hy was gereed om enige vorm van geestelike oorweldiging of voltering teen te staan in sy geestelike sending. Sy onberispelike vasberadenheid het verseker, dat hy tot die dood toe, nooit in sy Goddelike missie gewankel het nie. Hy was dan immers, God Almagtig, die Koning van alle Konings, se Ambassadeur.


Hy het ongetwyfeld sterk teenkanting beleef uit die geledere van die Kretaanse burgerlikes, bloot vanwee die feit, dat hy n' vreemdeling daar was, hierdie reaksie, is n' diepgegronde menslike eienskap, loslik geskoeid op die "trop sindroom" in die diereryk waar eiesoortigheid n ooglopende verskynsel is.


Daar benewens, bring hy n' volksvreemde geloof aan daardie volgelinge van die een of ander eie diepgegronde Kretaanse geloof. Titus se verkondiging van sy geloof aan hulle, het ongetwyveld sterk teenkanting voort gebring. Omdat hierdie reaksie normaal is onder mense, om die vreemde te vrees, het Paulus hom voor sy vertrek reeds spesifiek gewaarsku om onverskrokke te bly.


Hierdie wyse raad van Paulus, asook Titus se onverskrokkendheid en deursettingsvermoë in die uitvoering daarvan, is n' toonbeeld aan die mensdom van vandag. Desgelyks, het eerwaarde Barnabas Shaw, nes Titus, onwrikbaar voort gegaan met sy Ambassadeurswerk tot God.


Hoe onverskrokke en onwrikbaar, is ons in ons eie dagtaak, ongeag wat dit sou wees, gesien in die lig gesien, van daardie pioniers?