LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Tuesday, December 9, 2014

Hier is iets wat iemand vir my aan gestuur het, dit bring n' bietjie heimwee. Dit is n' minder bekende gedig van D.J.Opperman, getiteld Arendvlug, ek hoop dit roer die hart-snare:

Hier, vasgegrendel in sy enig kou,

Het hy, stil-hunkerend, jare deurgedroom;
En voor die hok wat hom gevange hou,
Het dag `na dag die lewe heengestroom.
Hy was al moeg, sy gees reeds vlou en tam,
Toe uit die bulte daar `n roepstem kom,
En heimwee gloei in elke aar van hom,
Wyl wilde drif in arendsoƫ vlam.

Hy's vry! Hy's vry! Wyd welf die hemelboog,

Groot en gewyde vrede dra sy hart;
Daar knal `n skoot, en duiselig dwaal sy oog
Oor afgronddieptes, eindeloos en swart...
hy val en val, maar Vryheid span sy vlerk,
Swaarvleulend styg hy opwaarts in die swerk*




*Lug.






Ons ou volkie het nie hulle toevlug hierheen na die suideland, ons eie Suideland aangepak, om net hier ten gronde te moes gaan nie.

Ons nasie, was, en is nog altyd kern gesond en goed vir die Afrika grond. Maar een ding ontbreek, en dit is ons geloof in `n enige God, wat berge op en oor vlaktes heen, ons voor ouers se voete daar gerig het, ons het hom heeltemal verlaat, en bekoor geword, op stemme van mense wat groot skares om hulle heen trek en selfs skeiding bring tussen man en sy vrou.

 Nee man, laat staan dit en ook die roers en die getwis onder mekaar, en neem jou kruis op my vriend, bevind jouself op Sionsmure, die heilige stad, want jy kan, Afrikaner seun en dogter, die Heilige stad is binne in jou, nie in `n Predikant, wat vleitaal spreuk nie, maar binne in jou hart van verstand, ja dit is daar, en op geen ander plek nie, en die weg daartoe, is gevind in Deutronomium 30 vanaf vers 6 tot 20 hierdie is nie woorde geskrywe in `n sogenaamde "Bybelsetaal", wat net `n Dominie kwansuis kan lees nie, deur hy daartoe opgely is nie, dit praat direk tot jou hart*, my vriend. As jy die stem van God hierin kan hoor, gaan en doen dit gou! Soos nooit tevore, gaan Eendrag Mag Maak vir die wat dit sal glo en ook so doen


* Emanuel, wat beteken, God in die mens


Ons Here Jesus seun jou, asook elke besluit wat jy van hieraf aan gaan neem.


Seƫngroete in die Kersgety vir jou en almal wat lief en dierbaar is vir jou.


Van Andre Hartslief