LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Tuesday, August 28, 2012

OUTYDSE BONESOEP




Bestanddele:

2. pond Beesvleis
1/2. pond Varkspek.
2. pond Witbone.
1. Ui
1. bossie Pietersielie
1. blaartjie Foelie.
1. bossie Suring (klawer)
Omtrent 3 kwarte Kouewater.
Sout en Peper na smaak.

Metode:

Bone word oornag in koue water geweek. Sny vleis in mooi stukkies, maar nie die spek nie. Sny ui in ringe en smoor in botter. Kap suring en pietersielie vyn. Kook nou al die bestanddele goed tesame omtrent 3-4 uur. Roer af en toe. Indien nodig, voeg meer water by.

Monday, August 27, 2012

SWARTSUURSOEP NO1




Bestanddele:

3 pond skaapribbetjie.
1 wit Ui.
2 onse Tamaryn.
Eende of Hoenderbloed.
6 Naeltjies.
12 Peperkorrels, fyn gekneus.
1 eetlepel Bruinsuiker.
Sout na smaak.

Metode:

Kap die ribbetjie in netjiese stukkies en stowe stadig in omtrent 3 - 4 koppies koue water. Na 'n uur of wat word 1 koppie van die sous en meelblom word in die kokende sous ingeroer totdat dit 'n stywe deeg vorm. Laat afkoel. Klits nou twee eiers op en roer by die deeg in. Vorm nou balletjies met twee teelepels so groot soos albasters. Tamaryn word in twee groot koppies kokende water geweek. Sny die ui fyn en braai in 'n bietjie botter.
Sodra die koppie sous uitgeskep is, word die water van die tamaryn afgegooi en by die soep op die stoof gevoeg, ook die eende of hoenderbloed.
voeg nog water by. Laat die soep goed deur kook. Sout word na eie smaak bygevoeg. Kluitjies word net 'n half-uur voor die soep opgedis word, bygevoeg en moet baie vinnig opkook.

EGTE VOORTREKKER RESEPTE

Hierdie versameling van boere resepte is in 1940 saamgestel deur 'n Mevrou Pitte wie die resepte versamel het en waarvan sommige uit outentieke hand geskrewe boeke waarvan sekeres dateer uit 1830 en steeds in die hoog-hollandse taal van destyds en sorgsaam deur haar vertaal is in Afrikaans. Die doel met die plasing van hierdie resepte, is hoofsaaklik om die heimwee en nostalgie van vervloee dae langs die spore van ons onverskrokke trekker mans en vroue wat berguit die toekoms aan gedurf het, te her-besoek  en om 'n aspek van Afrikaner wees te her vestig, wat helaas aan die verdwyn is onder sommiges. Mag u net soveel genot daaruit put om die disse voor te berei  as wat ek dit geniet.

Aanhaling uit mevrou Pitte se voorwoord: "Onder die opskrif: "Voortekker" resepte het ek hiedie versameling tradisionele Suid Afrikaanse reseppies bymekaar gemaak." 

"Tyd verander, maar die ou tradisie van Suid-Afrikaanse gasvryheid leef steeds voort. Metodes van voedselbereiding het ook verander, en vandag maak die paraffienstoof, tesame met die paraffienverwarmer, lamp en koelkas dit eenvoudiger vir die huisvrou om huis te hou en te onthaal.
Ek hoop dat u hierdie reseppies nuttig sal vind."
Mev. Pitte

ROSEDALE




Die kouewinterson laat my hart draai na die uitkykpunt van my pos as vrugtesorteerder by die plaas Rosedale tussen Robertson en Bonnievale in die Boland. Hoe baie sien ek die gesigte van vrou wees, selfs die wat vrou wil wees in haar volle grasie soos die van 'n glans tydskrif van 'n voorbladnooi... "Days Of Our Lives", neem die laaste draai op 'n hoogte in. Van vampires wat bloed drink, soos ek my koffie drink in die oggend voor ek gaan werk. 



Die sitrus seisoen neem ons by die hand en lei ons na die land van melk en heuning. Dis die nuwe hart wat klop en die bloed stroom deur my are. Die vrou met haar songebleikte hare staan weer vorstelik op en deel met ons haar wense, sy is ons herder en ons haar kudde. Die naartjies het ons weer herinner aan koue voete en warm pannekoek.



Die veld is wyd gesaai met newejaarsvoordele, "as ons nou begin, sal ons vinniger klaar wees, so roer daai hanne en pak daai panne!" Werk want die nag kom nader. Mag God se rykste seen ons en ons Anker-vrou behou vir die silwer jare, dis net naaste liefde wat ons sal behou.
Ons volg ons Anker-vrou deur die land van reuse tot aan die einde van die reenboog!

OPGEDRA AAN ROSEDALE
DEUR AURORA, WIE TYDENS N BESOEK GEDURENDE DIE VRUGTE OESSEISOEN VAN 2000,  NAVORSING INGEWIN HET VIR HAAR GEDIGTE OOR DIE BOLAND STREEK EN SY MENSE.



Aurora is 'n Suid Afrikaanse skrywer en digter wie se gedigte al reeds verskyn in 'n bundel van ontluikende jong digters in Afrikaans. Sy skilder ook graag as tydverdryf, en pronk van haar werke reeds in vele wonings deur die land.