LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Sunday, November 29, 2015

HOMMELTUIE (Drones)

Hierdie is sekerlik een van die mees veel besproke onderwerpe van ons lewens in hierdie eeu. Oorlog word gevoer in verafgelee lande sonder dat die aanvoerder n' duim versit uit sy eie verskansde posisie in sy eie grondgebied. Hierdie eertydse masjien van jeuglike-vermaak is omskep in een van die gedugsde wapens van alle eeue.Met die druk van n' knoppie en die inpons van sateliet ko-ordinate, word stede honderde kilometer weg, totaal verwoes.

Daar is darem ook n' ander sy aan die toestel, die een van wildbewaringsbestuur. En uiteindelik een gebruik wat my baie na-aan die hart le, die voorkoming van misdaad teen ons weerlose boere. Vir hierdie doel uitsluitlik, plaas ek hierdie gratis eBoek "Drones For Dummies" aan enige leser wat meer inligting will bekom.

Ek het die boek besonder insiggewend gevind en beveel dus die lees daarvan aan, aan al die lesers wat hierlangs wandel. Sal u so gaaf wees, as om ander te vertel van my webwerf, baie dankie.

Groete, Andre' Hartslief


 KLIK OP DIE BOEK

Wednesday, September 23, 2015

Tuesday, September 22, 2015

Oom Andries Se Wa-pad Rosyne-bier

Hierdie verfrissende drankie was net die ding vir n' rooi-grond stoffie in die agter-keel.




BESTANDDELE:

* 1 en 1/2 koppie bruin suiker.
* 10 tot 15 rosyne (verkieslik hanepoot)
* 1 twee liter glas of plastiese bottel met skroef prop
* 1/2 teelepel sitroen of wynsteen suur.
* n' Glasbak of beker.

METODE:

1. Los die een en n' halwe koppie suiker op, in twee koppies warm water.
2. Plaas die rosyne in die bottel en giet die warm suiker water daar oor.
3. Bedek die bek van die bottel met fyn gaas, en laat dit 12 uur so staan
   (in die lug wat ons in asem, is ensieme wat natuurlike gisting aktiveer)
4. Vul die bottel tot ongeveer 3 sentimeter van bo.
5. Skroef die prop styf vas en laat staan vir 2 tot 3 dae.
6. Plaas in n' koel plek (yskas) tot yskoud en bedien.

* Nota: Ek maak gereeld hierdie suurdeeglose drankie aan en het ook
              ander vrugte soos dadels, peer, pomelo asook rooibos tee gebruik.
              Onthou om altyd die rosyne by te voeg, dit wakker die gisting aan.

Let wel, dat die samestelling van die bogenoemde bestanddele of n' verwering daarvan,
 op u eie rissiko sal geskied en as sulks,vrywaar die skrywer hom self asook die eienaars 
van die webwerf hulle teen enige geregtelikke aksies of regstappe teen hom.




Hierdie skrywe deur Afriforum se Flip Buys se woorde ontluik`n vreemde emosie opgesluit in my binneste, een, wat ek baie jare laas ervaar het. Dit is iets wat grens aan  trots, nie die oppervlakkige selfvergeldende soort nie, maar daardie diepe en rare soort trots onafskeibaar van vaderlandsliefde. Die jare laat 70s en vroee 80s toe n' handjievol mense hierdie land verdedig het, sommige tot die dood toe. Vir my het dit gegaan oor meer as n' vlag, dit was n' liefde vir die grond, vrygekoop deur n' diepe drang om die aarde te benut. 

Hierdie gedig van die legendariese digter, A.D.Keet, genaamd: "Maar Een Suid-Afrika"  beeld daardie trotsheid vir my so wonderlik uit:

Gee my n' roer jn my regterhand
Gee my n' bok wat vlug oor die rand -
En n' flukse perd om hom weg te dra:
               Gee my Suid-Afrika

Gee my n' kamp waar bossies groei,
Gee my n' fraai volstruis wat broei -
En n' boereseun wat baie waag:
                Gee my Suid-Afrika

Gee my n' koppie om op te staan,
Gee my die swartland met al sy graan -
En nooit of te nimmer hoor jy my kla :
                Gee my Suid-Afrika

Gee my n' vlakte ruim en wyd,
Gee my die veld se oneindigheid -
En die lekker geur wat die lug daar dra :
                  Gee my Suid-Afrika

------------000OOO000-------------

Lied Van My Hart - (Steve Hofmeyr en Nádine)

Andriëtte Sewe Oseane

Ricus Nel Nogsteeds so lief vir haar

Martin Lane & Niekie Van Den Berg Gebed van 'n Vader

MANIE JACKSON - VIR PA

Adam Tas 'n Man soos my Pa

Adam Tas - Is Dit Hoe Die Hemel Lyk?

Adam Tas - Gaan Se Vir Die Angels

Snotkop - Song Vir My Dad

Dewald Wasserfall - Sewentien



Twee toekomsbeelde van ondergang en herlewing van die Afrikaner

September 7, 2015 deur Flip Buys
Flip Buys bespreek twee moontlike toekomsverhale vir die Afrikaner, een van uitsterwing en een van herlewing. Die verhale speel ʼn honderd jaar in die toekoms af. Waar een vertel hoekom die Afrikaner verdwyn het, gaan die tweede een oor hoe die Afrikaner herleef en suksesvol oorleef het. Die verhale is veralgemeen en vereenvoudig om dit so kort moontlik te hou.Lees verder...

Tuesday, August 4, 2015

Hou Jy Jou Kop Ten Alle Tye Omhoog?



Laat hierdie woorde gesond en onweerspreeklik wees, “sodat die teenstaanders beskaamd kan word en niks sleg kan hê om van julle te sê nie.”
TITUS: 2 Vers 8

Een van die vroë Britse sendelinge wat voet aan wal gesit het in Kaapstad in die jaar 1816, was ene Eerwaarde Barnabas Shaw van die apostoliese kerk. Sy taak was om beradering te bring vir die Engelse soldate asook die groepie Britsesettelaars en hulle slawe arbeiders.


Om gestand te doen aan die Britse burgerlike oppergesag, het hy Lord Charles Somerset, die Goewerneur, genader om toestemming te bekom, om kerkdienste te hou. Maar helaas, sy versoek, het op dowe ore geval. Hy het toe, desnieteenstaande, die verbod, tog voort gegaan om wel in die geheim kerk dienste te hou en het toe op sy eerste Sondag in Suid Afrika, tog kerk gehou.


Hierdie verset, het hom daaraan herinner, aan die jong apostel Titus, wat nieteenstaande sy jeug, hy tog beskik het oor n' waardige grootmens wysheid, toe Paulus, wie terdee van sy bevoegdheid bewus was, hom as sendeling na Kreta gestuur het. Ongeag, die presiese rede vir die besluit, het apostel Paulus twee uiters belangrike kenmerkende eienskappe in hom bespied.


Hy moes iemand stuur, om onafhanklik Kreta binne te gaan en eiweriglik voort te gaan met durf en n vaste vertroue in die onteenseglike egdheid van God se boodskap van genade en verlossing. Hy moes onwrikbaar op koers bly, ongeag welke vorm van teenstand hy sou aantref.

Hierdie gedagte was reeds deeglik gegrond in Titus se gemoed alvorens sy vertrek na Kreta. Hy was gereed om enige vorm van geestelike oorweldiging of voltering teen te staan in sy geestelike sending. Sy onberispelike vasberadenheid het verseker, dat hy tot die dood toe, nooit in sy Goddelike missie gewankel het nie. Hy was dan immers, God Almagtig, die Koning van alle Konings, se Ambassadeur.


Hy het ongetwyfeld sterk teenkanting beleef uit die geledere van die Kretaanse burgerlikes, bloot vanwee die feit, dat hy n' vreemdeling daar was, hierdie reaksie, is n' diepgegronde menslike eienskap, loslik geskoeid op die "trop sindroom" in die diereryk waar eiesoortigheid n ooglopende verskynsel is.


Daar benewens, bring hy n' volksvreemde geloof aan daardie volgelinge van die een of ander eie diepgegronde Kretaanse geloof. Titus se verkondiging van sy geloof aan hulle, het ongetwyveld sterk teenkanting voort gebring. Omdat hierdie reaksie normaal is onder mense, om die vreemde te vrees, het Paulus hom voor sy vertrek reeds spesifiek gewaarsku om onverskrokke te bly.


Hierdie wyse raad van Paulus, asook Titus se onverskrokkendheid en deursettingsvermoë in die uitvoering daarvan, is n' toonbeeld aan die mensdom van vandag. Desgelyks, het eerwaarde Barnabas Shaw, nes Titus, onwrikbaar voort gegaan met sy Ambassadeurswerk tot God.


Hoe onverskrokke en onwrikbaar, is ons in ons eie dagtaak, ongeag wat dit sou wees, gesien in die lig gesien, van daardie pioniers?



Friday, May 29, 2015

TREURGROND

Hoewel Leon van Nierop sterk krities was oor sekere elemente in die nuwe film, wat gister in Suid Afrika begin draai het, het hy daar by ook gese, dat die tyd nou aangebreek het, dat plaas moorde nou regmatiglik aan gespreek word. Hier en ook in die uithoeke van die wereld.