LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Tuesday, September 22, 2015

Oom Andries Se Wa-pad Rosyne-bier

Hierdie verfrissende drankie was net die ding vir n' rooi-grond stoffie in die agter-keel.




BESTANDDELE:

* 1 en 1/2 koppie bruin suiker.
* 10 tot 15 rosyne (verkieslik hanepoot)
* 1 twee liter glas of plastiese bottel met skroef prop
* 1/2 teelepel sitroen of wynsteen suur.
* n' Glasbak of beker.

METODE:

1. Los die een en n' halwe koppie suiker op, in twee koppies warm water.
2. Plaas die rosyne in die bottel en giet die warm suiker water daar oor.
3. Bedek die bek van die bottel met fyn gaas, en laat dit 12 uur so staan
   (in die lug wat ons in asem, is ensieme wat natuurlike gisting aktiveer)
4. Vul die bottel tot ongeveer 3 sentimeter van bo.
5. Skroef die prop styf vas en laat staan vir 2 tot 3 dae.
6. Plaas in n' koel plek (yskas) tot yskoud en bedien.

* Nota: Ek maak gereeld hierdie suurdeeglose drankie aan en het ook
              ander vrugte soos dadels, peer, pomelo asook rooibos tee gebruik.
              Onthou om altyd die rosyne by te voeg, dit wakker die gisting aan.

Let wel, dat die samestelling van die bogenoemde bestanddele of n' verwering daarvan,
 op u eie rissiko sal geskied en as sulks,vrywaar die skrywer hom self asook die eienaars 
van die webwerf hulle teen enige geregtelikke aksies of regstappe teen hom.




No comments:

Post a Comment