LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Wednesday, January 27, 2016

Het Jy Moontlik Suikersiekte?

Dag almal, ek was van plan om n' artikel te skryf oor verskuilde suiker in sogenaamde diabeet medisynes en kosse, toe sien ek n' nuwe berig oor die mineraal, kromium pikolonaat wat ek al terloops, vir die afgelope 30 jaar lank al gebruik met reuse sukses, (suiker telling tussen 5 to 8).

Ongeveer 6 jaar gelede, het iemand op hol gegaan in dat kromium pikolonaat n' soort kanker veroorsaak onder tipe 2 diabete. Wel dit het n' heel paar suikersiekte lyers laat weg spaander van die kromium pille af. Dit het ongetwyveld n' reuse demper geplaas op die plaaslike vervaardiging en verkope van kromium pikolonaat tablette en kapsules onder diabete.

Danksy n' splinter nuwe verslag, saamgestel deur wetenskaplikes van Harvard universiteit is daar gevind dat in all die proefnemings gedurende die afgelope 30 jaar, daar geen korelasie of verbintenisse gemaak  kon word dat die gereelde gebruik van kromium pikolinaat enigsins kankersel aanwas bevorder nie.

 Dit is dus weereens n' bedrogspul wat deur die (FDA) van Amerika versprei word. Kortliks, indien u, soos ek, kromium daagliks gebruik, nou maar so voort kan gaan. Ek is hoegenaamd nie n' dokter nie maar ek het mos oë en het Glycomin (Glibenclamide) en Metformin n' jaar gelede gestaak weens die ver rykende gevolge wat dit vir n' diabeet inhou. Ek gebruik ook heuning (lae G.I. suiker) as versoetter in my koffie eerder as kuns-versoetter.

Ek het ook nou geleidelik begin gewig verloor en het energie soos baie lank gelede, wat moontlik is as gevolg van hierdie program wat ek ses maande gelede aangekoop het.  

UITTREKSEL UIT DIE PROGRAM WAT EK GEBRUIK




Thursday, January 7, 2016

Jannie Moolman en Corlea Botha

Mag hierdie duet deur twee van ons bestes u hartsnare roer in volle danksegging vir sulke bekoorlike klanke.














Hierdie ou "skat" uit die pen van D.F.Opperman is so passend wanneer Corlea so passievol sing oor die eindelose, diep blou see. die opskrif daarvan:

"DIE VISSER"



Die visser het belowe:
"Voor donker sal ek kom,
sal jy die seil sien, wit blink
daar by die bergpunt om"

Sy liefste wou nie hê nie,
hy wou hom nie laat keer:
hy was n' dapper visser,
hy tart die wildste weer.

En toe die nag verdonker,
 het swaar die see gebrom -
  verlate wag sy liefste,          
hy is vir ewig stom...     

         ___________         

Instantly Ageless from Jeunesse Global - 2 Minute Miracle!!! ( Powerful ...

HIERDIE ONTRIMPELLINGSROOM IS ONGELOOFLIK! 
Hierdie is nie n' bemarkingsveldtog nie en ek twyfel of die produk reeds in RSA beskikbaar is, ek het dit net hier geplaas omdat dit so merkwaardig goed blyk te werk. Volgens Dr. Oz is die preparaat nie te duur nie?? 

Geniet die video.