LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Wednesday, April 20, 2016

Winter Sult



In die jare van welleur, het ons voorouers van hierdie metode gebruik gemaak om varkskenkel heerlik mee te presserveer in die koelkamer. Ek gebruik al vir jare die metode om rande mee te rek en nou is dit voorwaar weereens n reuse bespaarder op my oudag. Ons land gaan gebukkend onder veelsydige anslae waaronder moeder natuur ook haar onteenseglike heerskappy oor mens plant en dier uitoeffen. Dus, sal ek groot genot daaruit put, sou u vir ander vertel van hierdie en ook my ander beproefde geldbespaarders wat kortliks volg, Dit sal vir my ook n' blye dag wees, as u u eie besparingsresepte op Laslappie ons almal sou deel. Nietemin, hier is die resep: Ons het meestal vandag yskaste, en dus kan hierdie dis die hele jaar deur geniet word.

Andre' Se Sult

Hierdie resep verskaf 6 porsies.

BESTANDDELE:
 
1. Groot varkskenkel (shank) vars of gerook.
1. Groot ui gekerf
1. groot artappel in dobbelsteentjies gekerf
2. Koppies gekerfde kool, blomkool of broccoli
1. tot 2 teelepels kerriepoeier (matig)
Sonneblomolie
Drukkoker.
groot tert bak.
Sout na smaak.


METODE:

* Gooi genoeg olie in die kastrol, om die uie in te braai.
* Voeg kerriepoeier by en braai die uie tot bruin.
* Plaas die skenkel daarin en voeg genoeg water by, om die vleis te bedek.
* Kook tot sag en verwyder uit die kastrol
* Sny die vel en vleis in klein eetgrote stukkies en plaas die verwyderde bene            terug in die vloeistof in die kastrol voeg nou die res van die groente by en kook      tot sag.
* Skakel hitte af en verwyder die bene.
* Plaas nou die vleisstukkies en vel eweredig versprei in die bodem van die bak,      giet stadig die kerrie sous met groente stukkies, bo oor die vleis en laat afkoel.
* Plaas die afgekoelde bak in yskas en laat staan oornag.

Sny die gestolde sult in skywe en bedien met n' warm by dis van u keuse.

Hierdie is die basiese resep en kan gewysig word na gelang van smaak byvoorbeeld, hard gekookte eiers heel of in halwes gesny, kan saam met die vleis in die bak geplaas word voordat u die aftreksel byvoeg.

Geniet dit en onthou asseblief om my Facebook en Twitter apps te klik onderaan. Baie dankie




Op my blog by Beards A Hit With Women merk ek dat verreweg, my meeste lesers afkomstig is van uit Suid Afrika. Ek weet nie of u bewus is, dat ek dosyne ander webwerwe het oor allerlei onderwerpe (in Engels) Laslappie is egter my tuiste, dis n' plekkie vir my om vir n enkele oomblik kan rus vind vir my siel. Die beeld wat voor my geestesoog verskyn, is een wat herinner aan daardie mooi gedig van C.Louis Leipoldt, Oktobermaand



Uittreksel:
Viooltjies in die voorhuis--
 Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
 En orals, ai so mooi!

Dit is die maand October,
 die mooiste,mooiste maand!
Dan is die dag so helder,
so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke
die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
 die asvaal ou Karoo