LASLAPPIES KOMBERS

LASLAPPIES KOMBERS
"Langs die wa-pad le spore van gister"

Monday, September 29, 2014

Met Beste Wense




Hierdie een is net vir jou, Jy wat gereeld hierdie blad van my besoek.

 Elisma spreek haar hart aan en soms, net soms in die veeleisende en snelle gejaag na wind, soos die Bybelse digter dit noem, word ons lewens naak voor ons harte en gewetens geplaas. Geniet hierdie lus vir oog en oor, my vriend, en mag dit vir jou en jou dierbares 'n lig wees voor julle voete,

Tot wederom,
Andre' 

http://youtu.be/Xbbp5phqBaE

Tuesday, September 2, 2014

Winter is koud. Winter is naar en ongenaakbaar, maar dan is daar ook ‘n misterieuse ‘stilte’ rondom Winter. Winter laat my soms dink aan ‘n gesprek wat jy met jouself het. Winter laat my dink, beplan – of soms herbeplan. Ek dink Winter probeer iets doen, maar is nie seker hoe om dit te doen nie, daarom verkies hy om in ‘stilte’ dinge te doen. Hy bekruip jou en ‘pynig’ jou met sy koue. Winter is soos ‘n ‘boelie’ wat mooi is, so mooi dat jy hom vergewe dat hy jou ‘boelie’. Geniet die Winter – as jy in ‘n land is waar dit nou Winter is! Geniet die sonskyn waar jy nou Somer het! Geniet die liedjie van Johan van der Watt: Straatfluitjie wat so bietjie ‘warmte’ gee met sy pragtige stem.
STRAATFLUITJIE VIR DIE MET ERGE HEIMWEE

WINTER

Nou lê die aarde nagtelang en week in die donker stil genade van die reën, en skemer huise en takke daeliks bleek deur die wit mistigheid en suising heen. Dis alles ryk en rustig van die swaar geheime wasdom wat sy paaie vind deur warm aarde na elke skeut en blaar, en ver en naby alles duister bind in vog en vrugbaarheid en groot verlange; tot ons ’n helder middag skielik sien die gras blink, en die jong graan teen die hange, en weet dat alle rus die lewe dien: hoe kon ek dink dat somer ryker is as hierdie groei se stil geheimenis? -N P van Wyk Louw

Ons Taal Is "Sexy"

Gehoor op RSG n' paar dae gelede (luister na di potgooi) n' jong Rus Efgeni Artimov, wat Suid Afrika to wou kom vir werk, het besluit of eers die taal Afrikaans onder die knie te kry voor sy vertrek uit Moskou
. Hy het toe verskeie inligtingsbronne geraadpleeg en het werklik uitnemende resultate beryk met in begrip van sinsforming en uitspraak.In n' geredigeerde onderhoud met hom, was dit heel aangemaam, on sy vertolking en waardering van ons, haas, kwynende geliefde taal te hoor. Na gelang van die ondervraer se vraag oor sy ongewone belangstelling, gegewe die feit dat hy toe uiteindelik tog nie hier voet aan wal gesit het,antwoord hy toe so"Ek het intussen, n' ander betrekking bekom in Moskou, maar ek het julle pragtige taal so geniet, dat elke dag luister na RSG en veral na die aanbieding; Die tale wat ons praat, en daarbenewens, lees ek gereeld Afrikaanse boeke ook. "Vir my, as n' Afrikaanse man sy moedertaal spreek, dan klink dit ferm en uiters manlik, en daarinteen, as n' afrikaanse vrou, ongeag haar ouderdom dit spreek, klink dit vir my soo "sexy" Voorwaar, n' riem onder die hart, vanuit die vreemde, Baie dankie Efgeni

 Katja dink ook so, luister na haar lied, klik op SEXY